|
Nog ’n reisskandaal oopgevlek |
|
Vrydag, 03 September 2010 09:52
|
|
’n Tweede reisskandaal waar parlementslede in die laaste boekjaar meer as R6 miljoen in hul sakke gesteek het, is gister onthul.
In een geval het ’n enkele LP sy jaarlikse inkomste met byna R300 000 aangevul.
Me. Patricia de Lille, OD-leier, het op ’n nuuskonferensie in die parlement ses oortreders geïdentifiseer.
Volgens die nuwe modus operandi verkies LP’s eerder om per motor te reis, pleks daarvan om te vlieg. Die kilometers word dan ten duurste teruggeëis.
|
|
Lees meer...
|
|
Vrydag, 03 September 2010 09:51
|
|
Die Tshwane-metropolisie gaan die Blou Bul-stut Bees Roux teister totdat hy die waarheid vertel.
Dir. Ndumiso Jaca, hoof van proaktiewe polisiëring by die metropolisie, het gister tydens sers. Ntshimane Johannes Mogale (38) se roudiens in Pretoria gesê hulle “gaan seker maak dat Bees nie rus nie”.
“Ons gaan padblokkades beman en seker maak dat Bees nie rus nie. Ons gaan ons voorvaders kry om Bees te teister totdat hy die waarheid vertel.”
|
|
Lees meer...
|
|
Curriebeker: GW, Cheetahs |
|
Vrydag, 03 September 2010 09:49
|
Allerbelangrike bonuspunte is op die spel wanneer Griekwas en die Vrystaat-Cheetahs in hul Curriebeker-rugbywedstryd vandag om 17:00 hier op GWK-park kragte meet. Die Poubloues en Vrystaters was verlede seisoen in ’n ligapunte-stryd gewikkel met die punteverskil in wedstryde wat toe uiteindelik die bepalende faktor was. Albei spanne het 2009 se Curriebeker-kompetisie op 40 punte afgesluit, maar die Vrystaters het danksy ’n beter punteverskil tot die halfeindronde van die reeks deurgedring.
|
|
Lees meer...
|
|
Vrydag, 03 September 2010 09:48
|
|
Die hare kan dalk net die naweek in Split, Kroasië, waai wanneer twee van Suid-Afrika se “grootste” atlete die Afrika-span op die Inter-Kontinentale Beker-byeenkoms verteenwoordig.
Alles sal daarvan afhang hoe ver Hardus Pienaar, die Suid-Afrikaanse spiesgooi-kampioen, se spies deur die lug trek. As die punt op die 80 m-merk in die gras wegsak, is dit skeertyd.
Dit sal die eerste keer sedert Desember 2008 wees dat Pienaar en Burger Lambrechts weer aan ’n skeermes vat
|
|
Lees meer...
|
|
|
|
|
Bladsy 1 van 15 |